TUIS GEMAAK
Dit is 'n matige mango peri-peri sous vir enige iemand wat nie gereeld 'n brand sousie gebruik nie.
In die vroeë negentien honderds is Kaptein Jan Brandt Lourenco Marques toe om sy goud op ‘n skip te sit. Op die hawe ontmoet hy vir Vasco Da Gama en hulle raak sommer gou pelle. Vasco gee, as geskenk, vir Jan ‘n bottel van sy Peri Peri sous. Jan geniet die botteltjie warmte baie en begin toe planne maak om sy eie sous te maak. Oppad terug huis toe naby Hectorspruit, op Annie Louw hulle se plaas, kry hy die heerlikste groot mango’s as geskenk. By sy huis in Kaapschehoop bedink hy ‘n briljante plan om mango’s in sy warm sousie te sit en Voila! Kaptein Brandt se unieke Mango Peri Peri sous is gebore.
Die Kaptein en sy pelle geniet dit saam met hulle plankie steak as hulle braai.
Bestandele:
Rooipeper - Borrie - Knoffel
Asyn - Sout - Mango
Speserye - Xantaan Gom
Allergieë - Word gemaak in 'n plek waar met neute gewerk word